26 comments on “Die Kinderwet in Afrikaans

  1. my seuntjie van 9 jr oud is aangerand deur sy oupa [ sy ma se kant ] acvv vul vorm 36 in en sit kind onder my sorg. na 3 maande was daar nie weer hof uitspraak nie. my seun gaan nog steeds na die huis waar hy aangerand. acvv gee toe dat hy soontoe moet gaan.dit is te veel om alles op te noem op web.indien iemand my drasties kan help sal ek dit waardeur
    kontak nommer 0788210686

  2. Ek wil graag weet wat staan my regte te doen as ek swanger is met n baba van n pa wat ons n verhouding gehad het vir 8 maande maar is nou beeindig deur my, nooit saam gebly het nie. Die pa wil deel wees van die baba se lewe ek sal hom nie weerhou van sy kind nie maar wat kan hy doen as ek n ander man ontmoet en saam hom intrek kan hy die baba wegvat van my af? Het hy enige se oor wat ek mag en nie mag in my lewe nie?

  3. ek het raad noodig ,
    Ek en ‘n man woon al 3 jaar saam , en ons het ‘n seun van 2 jaar oud.
    Ons is nie getroud nie.
    maar dinge werk nie uit nie,
    ek wil graag die verouding eindig ,
    Maar hy pers my af dat ek nie die kind mag vat nie,
    dat ek nie sy huis mag verlaat met die kind nie,
    Ek het ‘n werk en is in staad om vir die kind te kan sorg ,
    wat staan my te doen , wat is die wet rond om dit ?

  4. Ek wil graag weet wat is (die) minumimum betaling per kind. Ek en my man van 2 (jaar) is besig om te skei en hy wil net R1500 betaal teenoor ons kind. Wat ek dink is ñ belaglike lae bedrag. Wat is my regte as ñ ma en wat is sy verantwoordelikheid finansiel. Sy salaris is tans R13500

    • hi vrou, ek is maar ook ‘n geskeide mamma , ja en die pappas besef nie altyd hul verantwoordlikheid nie, vir hul is dit lekker om te skei en al die stres weg te gooi en hul vryheid weer te geniet . maar die areme mamma se pligte hou nooit op nie, Wat ek weet is dat waneer jy skei kyk die hof na wat sy inkomste is en wat sy uitgawes is en volgens dit kyk hulle wat hy kan bekostig om te gee, My x man gee my R2000 per maand vir my een kind en hy moun baie daar oor want hy het in tussen weer getrou en moet nou nog ‘n vrou onderhou , ek het in 3 jaar wat ons geskei is nog nie een keer verhooging gevra nie, Maar gaan hof toe en gaan sit ‘n eis in , dan sal die hof besluit wat is die bedrag wat hy kan bekostig , Maar ek sal jou se daar is mamma’s wat maar R300 per kind kry wie ek ken , en ja dis maar min as mens na die uitgawes kyk wat dit kos om ‘n kind te versorg . kos , klere , dak oor die kop. water en elkt , skool , e.n.s . Sterkte .

  5. Goeie Dag,

    Ek soek dringend raad . As jy ttwee jaar saam gebly en toe vier jaargetroud is, en voor die huwelik is ‘n kontrak opgestel dat die aanstaande man al sy besittings aan jou as aanstaande vrou as geskenk gee, en julle is vier jaar getroud en toe geskei, maar omdat die persoon nog steeds jou versorg het a g v van die egskeiding waar dit nie vereis is nie, maar die geskenk wat gegee is gebruik het en jy dit nie opgeeis het daar die tyd nie en na een en n half jaar van egskeiding(waar julle nog steeds in die jaar en ‘n half aangegaan het met die verhouding ) het hy jou gevra om terug te kom na hom toe. Jy bedank jou werk en hy belowe om jou en jou kind(uit vorige huwelik wat hy belowe het om te versorg) dan te versorg as jy terugkom en dat hy haar skool en studie gelde sal betaal (sy was vier toe ons by hom begin bly het en is nou vyftien bilogiese pa is oorlede) en jy eis nog nie daardie geskenk(dit is alle voorrade en toerusting met sy werk te doen en wat inkomste gee) terug nie omdat julle weer bymekaar is op nie en na drie jaar van saambly weer (sonder huwelik) jaag hy jou uit die huis met die dogter en weier om verder vir jou en haar te onderhou soos hy belowe het(nie op papier nie) en weier om jou geskenk terug te gee. Wat is my reg as vrou in hierdie opsig. Mag ek enige iets eis van hom na die drie jaar se saamleefverhouding waar hy beloftes gemaak het en my voorhuwelikse geskenk terug eis?
    Ek sal u hulp baie waardeer.

  6. Raad asb, voor ek die verkeerde besluit neem.

    Ek werk sedert 2006 oorsee op olie boore, in 2008 het ek tuis gekom na 2 maande op see toe se my dogtertjie (daai tyd 4 jaar oud) dat sy bly is pappa is weer terug, en dat sy nie daarvan gehou het toe die ander oom saam mamma in die bed was nie.
    My seun was toe 6 jaar oud en het sy suster probeer stil maak. Na ondersoek het ek uit gevind dat altwee kinders vir mamma betrap het en dat sy hulle bang gepraat het deur te se as hulle dit vir pappa se gaan pappa hulle los en nie meer lief wees vir hulle nie. Syt my twee maal verneuk en ons kinders verkeerdelik gemanipileer deur hulle bang te praat met hoe my optrede skynbaar sou wees.

    Ek het terwille van ons kinders die huwelik probeer red en het selfs berading probeer.
    Vyf jaar later (2013) is ons huwelik steeds in skerwe, afgesien van die verlede wat ek probeer verwerk het is ons alewig aan stry en vind selde vrede met mekaar. Ek is raadop en wil opgee, probeer inligting opspoor hoe n egskeiding my gaan benadeel, nie dat my belange belangruker as die kinders sin is nie, ek oorweeg juis n egskeiding vir die kinders se onthalwe, daar is reeds tekens dat ons rusies n uitwerking op ons kinders (nou 10 en 8) het.

    My vraag is, benadeel ek my eie ourlike regte en verantwoordelikhede as ek die een is wat aansoek doen vir n egskeiding?

    Kan dit teen my gebruik word dat EK’ die een is wat besluit het om op te gee en te skei? (Ek word gewaarsku dat as ek die een is wat hulle los dat ek aan die kortste ent sal trek)

    Kan ek versoek om voltdydse ouerlike regte en verantwoordelikheid oor die kinders te he gedurende my af tye wat ek 24uur n dag tuis is?

    Ek werk min of meer 180 tot 200 dae per jaar buitelands, die af tyd wat ek tuis is is ek by die huis en sit nie op kantoor nie en spandeer kwaliteid tyd saam met die kinders, sou dit onregverdig wees om te versoek dat die kinders by my bly vir die maand of twee wat ek af is en by mamma terwyl ek werk en kan daar so n skukking gemaak word tussen my en mamma?

    Meeste mense sou se “red wat te rede is terwyl jy nog in die huwelik is”, ek het vir 5 jaar probeer en is gedreineer van al my energie, al waarna ek soek is rus en vrede vir my kinders en myself, sal n egskeiding beter wees en kan ons dit maak werk tot almal se voordeel?

    Dankie

  7. My dogter het toesig oor haar twee jaar oue dogtertji, sy en die pa van die kind is uitmekaar, hulle was nooit getroud ni. die pa van die kind se ma wil nou toesig oor die kind kry, daar was n interdik teen di vrou omdat die kind dood siek en onversorg met blou merke in haar gesig terug gekom het van n besoek van die pa, watter kans het di vrou?

  8. Goeie dag ek wil dringend raad vra asb.ek is geskei en hou my dogter se pa glad nie weg van haar nie.maar hy het vir ses maande glad nie in kontak gekom met haar nie voor dit het hy baie onvanwoordelik op getree teen haar.soos om met haar te jaag en haar in die woonstel alleen te los om winkel toe te gaan en dan se hy dat hy vir haar wat 5 jaar oud is gevra het as dit ok is.hy het medise rekord van sigihaartise probleme.hy het n prokereur en het vir 6 maande geen onderhoud betaal nie .so ek het voorgestel dat hy haar kan kry vir naweke maar onder sy famielie se toesig en hulle kan haar op tel nie hy nie.kan jy my asb raad gee

  9. Waar kan ek goeie sake kry oor wanneer ‘n derde persoon aanspraak kan maak op kinders van biologiese ouers en watter sake beskerm weer die biologiese ouers van derdes indien een van die ouers drank misbruik?

  10. GOEIE MIDDAG, EK VAT MAAR ‘N KANS OM VIR ADVIES TE VRA. TOE EK EN MY KIND SE BIOLOGIESE PA UITGEGAAN HET WAS ONS ALTWEE 20. ONS HET INTUSSEN UITGEMAAK EN 3-4 MAANDE DAARNA WAS MY SEUN GEBORE. TOE HET EK INTUSSEN MET ‘N NUWE VRIEND UITGEGAAN WAT UIT ‘N BAIE ORDENTLIKE HUIS UITKOM. EK HET GLAD NIE MY KIND SE BIOLOGIESE PA SE BESONDERHEDE OPGESIT BY DIE HOSPITAAL NIE. MY HUIDIGE KêREL HET MY SEUN GEVAT IN SY ARMS EN GESê DAT HY GAAN HOM GROOTMAAK SOOS SY EIE EN MET MY GAAN HY NOGSTEEDS TROU. ONS HET TOE VERLOOF GERAAK EN GETROU EN ONS IS NOU AL 5JR GETROUD. DIE ENIGSTE PAPPA WAT MY SEUN KEN IS DIE MAN MET WIE EK GETROU HET, DIE PAPPA WAT HOM GELEER HET OM VIS TE VANG, FIETS TE RY, AL SY BENODIGHEDE VOORSIEN HET VAN BABA TYD AF WAAR DIE BIOLOGIESE “PA” GLAD NIE BYGEDRA HET TOT ENIGE IETS NIE.

    EK WIL NET WEET WAT ONS REGTE IS, AL PAPPA WAT MY KIND KEN EN BAIE LIEF IS VOOR EN BAIE ERG IS OOR IS MY MAN. EN MY MAN VOEL DIESELFDE. MY MAN WAS OOK AANGENEEM DEUR SY MA EN PA. HY HET MY KIND ONVOORWAARDELIK LIEF. MY KIND HET GEEN TEKORT AAN ENIGE VAN BEHOEFDES NIE. ONS IS GODSDIENSTIG EN HY GENIET SY SONDAGSKOOL WAAR ONS ONDERWYSERS IS. HY WAS VERSORG VAN 1JR AF TOE HY BEGIN KLEUTERSKOOL TOE GAAN EN NOU AL IN GR. R IS. SY PAPPA IS ALLES IN SY LEWE.

    EK SAL NET GRAAG WIL WEET AS ‘N MA WAT DIE VERSKILLENDE AANVALLE KAN WEES VIR WANNEER DIE BIOLOGIESE PA MISKIEN EENDAG WIL KONTAK MAAK. ALHOEWEL HY GESê HET DAT HY VIR 7 JAAR SE TERUGSTAAN EN ONS DIE “KANS” GEE OM DIE KINDE GROOT TE MAAK? HY HET VAN DAG 1 AF GEWEET VAN MY KIND. EN TOT NOU HET HY HEEN BYGEDRA NIE – ONS HET NIKS NODIG VAN HOM AF NIE. SOVêR EK WEET IS HY OOK GETROUD EN HET KINDERS VAN SY EIE.

    GROETE

  11. EK EN MY VROU IS GESKEI EN DIE 6 JARIGE DOGTERTJIE IS IN MY SORG GEPLAAS. ONS SKIKKINGS OOREENKOMS SE DAT DIE MA DIE KIND MAG SIEN OP SATERDAE TUSSEN 9 EN 5 IN MY TEEN WOORDIGHEID EN AS SY BEGIN SKOOLGAAN DSAN ELKE TWEEDE NAWEEK EN 1 VAKANSIE ‘N JAAR. DIE MA HET VANDAT DIE KIND GEBORE IS SPOORLOOS VERDWYN EN NOU NA 6 JAAR TOE STUUR SY NET DEUR ‘N PROKUREUR VIR MY ‘N BRIEF DAT SY DIE KIND KOM HAAL VIR DIE SKOOLVAKANSIE. DIE KIND IS NOU IN ‘N TOTALE SENUWEE TOESTAND, WANT ORAL WAAR EK RAAD VRA EN HULP SOEK. LOOP EK MY VAS TEEN ‘N MUUR. WAT STAAN MY TE DOEN EN HOE KAN MENS ‘N KIND VIR IEMAND GEE WAT TOTAAL VREEMD VIR HAAR IS, EK WEET NIE EERS WAAR SY BLY NIE, EK WEET NIE OF SY MOOI NA DIE KIND SAL KAN KYK NIE………HELP MY ASB

  12. hi
    ek en my ex ou het vir amper 2jr saam gebly en ons het n 2ling saam ons is nou uit mekaar uit vir die laaste 2weke en hy wil die kids vat by my. ons albei werk sy inkomste is 3000 n maand en myne is 7500 n maand. ek het vir hm gese hy kan sy kids sien net wanneer hy wil ma ek gaan trek na newcastle toe want ek kan n beter werk kry met n beter pay van 9000 n maand en hy wili he ek moet trek ni nou wil hy my hof toe vat. ek het al vir hom gese hy kan kom kuier net wanneer hy wil en sy antwoord is hy gaan ni gaan kuier as ek ni da is ni. asb help my net sodat ek kan weet wat my te doen staan asb.

    • Ria , ek sit in die selfde boot as jy ,
      behalwe ek word verbiet om te mag trek met my kind,
      ek weet self nie wat om te doen nie,
      hy pers my af dat hy sal die kind van my af deur hof toe te gaan,
      ek wil ook meer duidelik kry oor die wet rondom die saak.
      ek het al gehoor dat verkieslik word ‘n kind aan die ma toe gestaan as die kind onder 5 jaar oud is , teen sy die ma onbevoeg is om na die kind om te kan sien,
      Maar ek is nie 100% seker van dit nie dis wat ek gehoor het .
      laat my asseblief weet as jy dalk meer invormasie gekry het rondom die saak ,
      Dankie E.Jacobs

  13. 1 vraag kan ‘n Pa sy kind besoek as hy nie onderhoud betaal nie asb. Dankie bja
    Ekt ‘n vriendin wat getroud is en ha 1ste kind se Pa maak en doen nes hy lus kry help asb. Et antwoord asb dankie bja

    Cell: 082 752 5646
    Fb: Mike Swanepoel
    bbm: 28700F42

  14. please advice at what age can a child now living with his mother in an abusive relationship decide to go and live with his father as he is assaulted by the new boyfriend and threatenend

    • It all depends on development and stage of maturity of the child. The principle applied by our courts will be “what is in the best interests of the child”. When abusiveness is at stake the age don’t matter. It is said that a child from the age 10 and onwards is able to form an opinion.

      • Hi ek wil weet wat kan ek doen as my kind se pa aspris my kind van my af weg hou my seun word 8 hy bly by sy pa ek en die pa het n ooreenkoms gehad dit is op papier maar ni deur n hof gedoen nie hy weier dat ek my kind sien en hy vloek en skel my ook as ek hom sms en vra hoe dit met my kind gaan en as my kind vir hom vra of hy by my mag kom kuie dan se sy pa vir hom jy het n huis wat wil jy by die ding gaan doen ek voel dis ni reg nie wat kan ek doen

        • Middag , vrou , jy sal moet hof toe moet gaan om dit uit te klaar , volgend wet het elke ouer die reg om sy /haar belogiese kind te mag sien , maar net die hof sal jou kan help. Doen jou self daai guns , hulle sal jou help om ook toesig te verkry oor jou kind,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s